Thelene & Hugo het ‘n heeldag-lank troue gehad. Ek het net die seremonie & koek & tee in die kerk afgeneem. Hulle het hulle onthaal die aand in Langebaan gehad.
DIE AVONTURE VAN THELENE & HUGO:
Daar heers groot opgewondenheid….dis 11 Junie 2010…sokkerwêreldbeker……met ‘n kos-en-wyn-funksie by Bellevue wynlandgoed. Thelene wals in en Hugo verloor alle sin vir realiteit. Later die aand word daar nader beweeg – die aantrekkingskrag is onvermydelik. Hugo maak die eerste skuif met die woorde “Jy lyk baie moeg…..jou werk moet jou erg uitput”. Thelene antwoord “Hoe weet jy ek het ‘n uitdagende beroep en harde week agter die rug”. Hugo “Jou modelwerk moet jou orals oor die wêreld neem en baie uitput”……een ding is verseker – die man het ‘n goeie sin vir humor!! 5 Weke later is daar ‘n gemeenskaplike verjaarsdagpartytjie van Thelene & Annie. Hugo plaas homself aan die hooftafel langs Thelene en oorweldig die Waso-familie met lang stories, maar Thelene gooi ‘n koue skouers en speel die vloer. Hy wend homself tot ‘n ander partytjie, maar voor die landgoed sluit, val daar ‘n skaduwee oor die tafel. Thelene versoek ‘n inskrywing in die besoekersboek names die partytjiegangers en Hugo se voorwaarde is “dat ek jou telefoonnommer kan kry”. Dit was die begin van kort ontmoetings by ‘n geheime afspreekplek. Die deurbraak volg na hul Nuwejaars-ekspedisie by Kaappunt……na Hugo se 5ster onthaal in die wildernis. Hiermee kwalifiseer Hugo vir Valentynsdag met skoonma, swaer en eks-kêrel, maar dit was darem die laaste toets!!
Dis 6 Julie – Thelene se verjaarsdag – en ons is terug by die plek van groot opgewondheid….Bellevue Landgoed. Hugo vra die groot vraag, waar alles begin het, en Thelene twyfel nie vir ‘n oomblik nie! Sy het die grootste verjaarsdaggeskenk ooit gekry. Nou begin die groot feesgety met ‘n hoogtepunt – ‘n informele wynproe en fotosessie saam met ons fotograaf, Adene. Hugo is baie bly hy hoef nie in sy rooi speedo teen ‘n leer te verskyn nie – hy kan net homself wees. Na ‘n kleur smorgasbord en ‘n besemvlug voel ons tuis saam met ons fotograaf. Hierna volg die troue, 15 Desember 2011, in die Grootte Kerk en daarna ‘n fotoboekkuier saam met Adene in die strate van Kaapstad……..



















































