Hulle storie:
Ek en Jean-Pierre het het ontmoet op ‘n “blind date” by ‘n jaareindfunksie. ‘n Vriendin van die werk het aangedring dat ek na die jaareindfunksie moet kom en wou nie nee vir ‘n antwoord vat nie Dit was toe ook bloot toevallig dat haar swaer, wat op daardie stadium in Centurion gewerk het daardie naweek sou afkom om ‘n ander troue in die Kaap by te woon. Ek het ingestem om saam te gaan indien hy sou inwillig…my ooreenkoms met haar was dat as ek nie van hom hou nie hy met sy broer kon gesels….. J Daardie aand het ons die dansbaan aan die brand gedans en laaste by die funksie geloop! (en hy het nooit met sy broer gesels nie) Maar daar was nog niks meer as vriendskap tussen ons nie.
5 maande later het ons mekaar weer raakgeloop en baie lekker gekuier die vakansie…Jean-Pierre het my dadelik laat verstaan dat die lang afstand ding nie iets is wat hy wil doen nie…maar helaas…34 vlugte in 6 maande later het hy op sy knieë gegaan en my gevra om die res van my lewe saam met hom te spandeer, presies ‘n jaar na die volgende jaareindfunksie!! 5 maande later op 4 Mei 2012 het ek met die man van my drome getrou , dit was ‘n sprokiesdag op Stellenbosch. Ons is steeds dolverlief en gelukkige en kan nie wag vir wat die toekoms vir ons inhou nie.
Venue: Eensgezind, Durbanville
Flowers, Décor and Coordination: Eensgezind, Durbanville
Dress: Elizabeth Stockenstrom
Hair and Makeup: Alicia Buckle
Stationary: Riette van der Westhuizen from The Wedding Fairy
Cake: Eensgezind, Durbanville
Catering: Eensgezind, Durbanville
DJ: Leon Mostert (DJ Leon)





























Ahhh!! Stunning!! Love die herfsblare en bubbles fotos!!! Was ‘n fantastiese troue!! Die fotos wys Lize-mari en Jean-Pierre se excitement op die dag so mooi!
Julle photies is rerig baie baie mooi!! Love die ‘bubbles’ fotos en LM jou rok is beyond beautiful!!
Lize-Mari looks breath-taking! Gorgeous!
Julle foto’s is stunning verby! Baie geluk
Sjoe!!! ONGELOOFLIK mooi! julle lyk so gelukkig
wow julle! dis stunning! Ek hou veral baie van nr18 en 29.