Andries en Leandri se eerste ontmoeting…
Ek en Andries was 11 jaar oud toe ons ontmoet het. Kom ek skets vir jou ‘n prentjie…
My ouerhuis in Malmesbury is reg oorkant ‘n parkie. In 1997 het Andries en sy gesin oorkant die parkie ingetrek…’n plaasseuntjie van Montagu. Ons het mekaar die eerste keer op die swaaie ontmoet. As ek dit reg onthou was my eerste vraag aan die oulike seuntjie: “Hello, wat is jou naam?” Van toe af het ons omtrent elke dag op die parkie geswaai. Dié vriendskap sou eers 10 jaar later in iets veel meer ontaard. Nooit gedink dat ek velief sou raak op my beste vriend nie! Dis die beste!
Ons is na verskillende Hoërskole toe, maar het deur die jare steeds kontak gehou. Eers op Universiteit het die liefde begin blom en het ons besef dat daar iets meer is as net vriendskap. Party Sondae het ek ‘n “lift” gevang saam met hom terug Universiteit toe en toe het die jare lange vriendskap verander in ‘n opregte en omgee liefde.
Na 5 jaar het Andries my op Oukersaand 2011 gevra om te trou en 4 maande later het ons die knoop deurgehaak! What a journey! ‘n Wonderlike tyd saam met my beste vriend! En dis maar net die begin…
Verskaffers:
- Venue: Delsma Farms – Riebeek Kasteel/ Hermon
- Spyseniering: Delsma Farms
- Blomme en Dekor: Mint & Magnolia
- Rok: Ilze Roux
- Koek: Paulette Koch
- Tafeldoeke: Hire4U
- Hare: Bonnin’s Malmesbury
- Grimering: Theresa van der Merwe
- DJ: Johann Wiid
- Skoene: Woolworths




















































SOOOOOOOOOOOOOOOO mooi!!! xxx
Wow wat n onsettende mooi bruid met soveel styl en straal van geluk! Foto’s is pragtig! Mnr en mev BESTEr! Xx
Adene ,beter kon jy dit nie gedoen het nie!! Jy het alles perfek vasgevang. Dit was darem ‘n groot lekkerte om so op ‘n Maandag Bruilof te hou. Vir julle 2 wens ek net liefde en voorspoed toe!