Mariane & Emile, Opstal, Slanghoek

Thu, 14th June, 2012

 

Ons Storie:

Ons het begin uitgaan in ons matriek jaar. So het dit toe gekom dat ons saam saam Matriek afskeid toe is asook sy oudste suster se troue later die jaar. So 2 jaar later is ons na sy ander suster se troue toe, en ‘n paar jaar later sy broer se groot dag. Elke keer net as die date…  En natuurlik op nie een familie foto nie!

Emile kry toe werk op Stellenbosch en ek besluit toe dan gaan ek ook maar iets in die omgewing soek en kry toe by ‘n salon in somerset wes werk. Op ons 10 Jaar anniversary is ons Kaap toe om onder andere na kitare te gaan kyk. Ek min wetend dat Emile eintlik die ring laat maak het. So eintlik sit ek nou met ‘n Gibson aan my vinger! ’n Week na ons 10 jaar anniversary is ons op ‘n reenerige naweek Greyton toe met die enigste vereistes van my kant af dat ek ‘n kaggel en rooiwyn wil he.  Ons eerste bottel Alto rooiwyn was amper op toe kry Emile die moed bymekaar om die groot vraag te vra! Ek het weggekyk om iets te soek en toe ek terug kyk toe sien ek net hierdie pragtige ring in die middel van ‘n naughts en crosses bord.

Ons groot aand was alles en nog meer  wat ons ooit verwag het en ons het die aand weggedans en kuier saam met almal wat vir ons spesiaal is. Ek kan  nie wag om die res van my lewe saam met my beste vriend te spandeer nie. Dit kan net beter raak van hier af.

 

 
POSTED BY admin in My Portfolio, Weddings | TAGS: , ,

5 Responses to Mariane & Emile, Opstal, Slanghoek

  1. Emile en Mariane says:

    Adene ons love die foto’s! Is rerig so bly dat jy al ons spesiale oomblikke vir ons verewig kon vasvang.

  2. Done says:

    Pragtige foto’s Adene. Jy mag maar foto’s neem.

  3. Anneke van As says:

    Pragtage foto’s!! julle het so mooi gelyk :)

  4. Leatitia Meyer says:

    Mariaan en Emile – julle foto’s is stunning en weet sommer julle 2′tjies gaan jare en jare se geluk hê

    Baie liefde
    Tannie Leatitia

  5. Gina says:

    Hi Mariane – Your photos are absolutely beautiful – you are a very nice looking couple and the decor, scenery etc all great – All the best for the future – Gina

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>