Petrie & Melandie by Delsma Farm, Riebeek Kasteel

Mon, 23rd April, 2012

Die Storie deur Petrie

Ek het besluit om Melandie tydens ons vakansie verlede jaar September in Zanzibar (ZZB) te vra om te trou . Natuurlik is beplanning voor die tyd noodsaaklik en vrae soos: Wanneer vra jy die ouers, watter ring moet jy kry, hoe gaan jy die groot vraag vra en hoe gaan jy dit stil hou sodat dit ‘n verrassing bly, speel in jou kop af. Om bostaande vrae te beantwoord het ek besluit om liewers met ervare mense te gesels wat alreeds ‘n paar keer deur die proses is… Wie beter as die predikant, in die geval my ouers!

Om die ouers te vra: Volgens die raad van my pa word dit gedoen nadat jy jou aanstaande se hand gevra het- siende sy mag NEE sê en dan verwag die ouers natuurlik ‘n JA antwoord. ‘n Baie logiese oplossing wat die wêreld se stres van my skouers afgelaai het, want hoe moet ek dan nou verduidelik dat ek gou ‘n 1 000 km gaan ry (die skoonouers bly ver van ons af), sonder om dit duidelik te maak wat my intensies is. Ek kan hulle ook nie bel en die groot vraag oor die telefoon “pop” nie.

Hoe om dit stil te hou: Ons was ‘n groepie vriende wat in ZZB gaan vakansie hou het. Om dit stil te hou was redelik eenvoudig – moenie met die ander vriende gesels oor die groot verassing wat jy vir die vakansie in jou huisie wegsteek nie. O ja, dit bring my by ‘n ander punt. Bagasie word in so ‘n geval gedeel met jou aanstaande – die ring moet daar tussenin weg gesteek word en sy mag dit nie per ongeluk vind nie, anders kry jy ‘n “FAIL”.

Hoe om die vraag te vra: Ek het gedink dit sal ‘n goeie idee wees om ‘n stukkie “papierus” in die hande te kry, die “groot vraag” in my beste handskrif daarop aan te bring, dit in ‘n ou botteltjie in te druk en die bottel in die see te gooi met ‘n mooi ZZB sonsopkoms. Die idee was egter nie prakties nie. ZZB se sonsopkoms gebeur oor laagwater, die see is 1 km verder weg as gewoonlik. Verder loop die strandwerkers op en af op die strand en maak seker dat dit skoon is sodat ons as toeriste dit kan geniet. My ou botteltjie met ‘n papiertjie binnekant sou as vuilgoed beskou word en onder in ‘n Vuilgoedsak opeindig. So ek moes “improvise”. Ek gaan duik toe maar deur die loop van die vakansie ou oesterskulpe uit.

8 September 2011 is ek vroegoggend (voor sonsopkoms) reeds besig met die voorbereidings. Ek het ‘n paar tropiese blommetjies gepluk, in die oesterskulpe gerangskik en ‘n kort briefie in die spier wit seesand onder ‘n kokosneut boom geskryf. Die briefie het gelei: “Skat, trou met my”. Die strandwerkers het my verward aangestaar toe ek 5 uur die oggend in die sand rond krap, maar ek dink hulle het besef om nie my versierings vir ‘n kort rukkie met rus te laat.

Ek het Melandie dringend geroep om na iets te kom kyk. Ek ly haar toe af strand toe en sy sien heel eerste die boot wat as gevolg van die laagwater droog op die strand lê. Min beindruk, probeer sy my paai en sê: “Haai, dis mooi,” maar dit was duidelik wat besig was om deur haar kop te gaan: “Moes ek nou uit die bed klim om na ‘n boot op die sand te kyk?!” Ek wys toe vir haar my sketsie met sy versierings in die sand. Na ‘n paar sekondes van verwarring & wat vir my soos ‘n ewigheid gevoel het was haar antwoord ja met my hele hart.

Ons is nou bietjie meer as ‘n maand getroud, en sien uit na die jare wat voorlê!

Petrie van Niekerk

Guesthouse: Shade of Provence (www.shadesofprovence.com)

Venue:  Delsma Farm (www.delsmafarm.co.za)

Dress:  Susan Ellis Steinhauser (www.susanellissteinhauser.co.za)

Hair & Mak-up: Carla @Anuk (www.anuk.co.za)

Cake:  The Cake lady (juanita@mintandmagnolia.co.za)

Décor & Flowers:  Mariette @ Varsliefde (www.varsliefde.co.za)

Musician & DJ: Nic Stevens (www.snymanmusiekproduksies.net)

 

 
POSTED BY admin in My Portfolio, Weddings | TAGS: , ,

4 Responses to Petrie & Melandie by Delsma Farm, Riebeek Kasteel

  1. Absolutely love the portraits against that bright blue background – just stunning! Really lovely wedding :-)

  2. Pa en Ma van Niekerk says:

    Fantasties! Fabulous, Gorgeous, seer leuk, manjifiek, oe la la, pragtig,pragtig, pragtig. Dis sommer ver by mooi verby! Die dag was mooi, julle was so, so mooi, en so, so gelukkig, mag dit altyd vir julle so mooi en nuut bly. Ps 16 sê die meetsnoere het in lieflike plekke geval, so het die O.V. gesê, die huidige een sê: 5 Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.
    6 ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. Met hoeveel woorde kan mens dit berskrywe? Dit was alles so afgebid, so heilig, so spesiaal, so net vir julle. Julle is albei sulke besonderse mense, alles was so besonders, die onthaal, al jul moeite, alles, net mooi alles. Daarvoor loof en prys en dank ons die Here

  3. Adene, so pragtag afgeneem! Dankie vir die beautiful blomme en dekor shots! Melandie O MY HAT jy het mooi gelyk! Jou rok! WOAW!
    Wat ‘n voorreg en vreugde om deel te kon wees van die voorbereiding vir so ‘n fees!
    Liefde en seën vir julle!

  4. audrey van wyk - rethie se vriendin says:

    Dit is die mooiste foto’s! wow, die blomme, dekor, hare, rok, als net sprokies mooi!
    Baie geluk and mag ons Heer jul ryklik seen!
    Audrey

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>