Tanya & Jozef Kleinevalleij, Wellington

Wed, 23rd May, 2012

Tanya en Jozef het op ‘n “Blind Date” ontmoet… Tanya was een aand uit vir ete saam met ‘n groep van haar vriendinne. Een van haar vriendinne vra toe vir haar waarom sy nie ‘n kêrel het nie? – waarop Tanya antwoord dat sy vir iemand spesifieks wag – ‘n man met goeie maniere, ‘n sagte geaardheid en wat alle vroue met respek behandel, maar dat sy al moed op gegee het om ooit ‘n man met daardie drie eienskappe te ontmoet. ‘n Ander vriendin antwoord toe dat sy eintlik so iemand ken… Haar nefie Jozef; en dat sy hom sommer dadelik gaan sms en vra om vir Tanya uit te vat op ‘n “date”. Tanya was nog nog nooit een vir “Blind Dates” nie, en was, om die waarheid te sê, nog nooit op een nie (en Jozef ook nie).

Hulle het toe die daaropvolgende week saam gaan uiteet en Tanya het van die eerste oomblik af geweet dat Jozef die man van haar drome is, die een wat sy gedink het nie bestaan nie! – hulle was van die eerste oomblik af onafskeidbaar en na vele koffies, kelkies en kuiers het Jozef na twee jaar besluit dat die tyd reg is om die groot vraag te vra.

Tanya en Jozef het een aand op hulle gusnteling bankie in Tamboerskloof gesit en die sonsondergang gekyk. Terwyl hulle na Kaapstad se liggies kyk en ‘n glasie Cap Classique geniet, gaan Jozef op een knie en vra haar om te trou! Hulle is steeds net so verlief soos die dag wat hulle op daardie “Blind Date” ontmoet het en weet dat hulle gelukkig sal wees tot in lengte van dae.    

Photographer: Adene Nieuwoudt

Venue: Kleinevalleij,Wellington

Flowers, Décor and Coordination: Sylvia from Special Events

Dress: Elizabeth Stockenstrom

Accessories: Lily Blue

Hair and Makeup: Helga Bridal

Bridesmaids Dresses: Liane van Greunen

Stationary: Chrizanne from Sugar Bird Stationary

Cake: Maggi from Edible Art Cakes

Catering: KINGS Catering

DJ: Mitzi Gilbert (DJ Chopper)

Entertainment: Ivory and Strings

 

 

 
POSTED BY admin in My Portfolio, Weddings | TAGS: , , , ,

23 Responses to Tanya & Jozef Kleinevalleij, Wellington

  1. Jeandre says:

    WOW Tanya jy het super mooi gelyk, LOVE die koek! Amazing, nou is ek nogals spyt ek het die gemis. Dit lyk alles sprokie mooi.

  2. Dustin & Jeanell Kelly says:

    WOW dis stunning Tanya en Jozef!!!!!!!!! :)

  3. Suzanne says:

    WOW… dit is stunning! Dit lyk omtrent na ‘n sprokies troue. Baie geluk.

  4. Mariki says:

    Tanya dit lyk soos iets uit enige meisie se sprokieswêreld. Ongelooflik stylvol, “understated”, elegant en lig en spelerig nes jy! Hierdie foto’s laat mens net weer glo dat die lewe mooi is. Wat ‘n wonderlike reis is dit nie! Julle mag nooit hierdie “magic” verloor nie – waai daardie wandjie elke dag!

  5. Awesome ! love die beautiful side-back shot van haar hairstyle van agter. HELGA BRIDAL HAIR & MAKE-UP http://www.helgabridal.com / Facebook: Helga Strydom

  6. Anneke says:

    Julle het pragtig gelyk!!! Dit was ‘n wonderlike geleentheid!

    Anneke

  7. Elzanne Wolfaardt says:

    Soos vanuit ‘n Fee-verhaal.
    x Xx

  8. Sylvia says:

    Pragtige bruid! Well done Andene! Jy het die dag so mooi vasgevang!

  9. Elzaan says:

    Bitter, bitter mooi Tans en Jozef! Dit was ‘n awesome aand!

    Julle kan altyd terug val op ‘n modeling career indien getroud wees baie duur raak. Heheh..

    Elzaan xx

  10. Dankie vir die stunning fotos van die koek Adene!

  11. Absolutely gorgeous photos!! Amazing light and beautiful captured! Love your work Adene!

  12. Andrea says:

    Soos altyd, stunnig foto’s !!

  13. Lydia van der Spuy says:

    Beautiful!! Mal oor die koek!! Dit is stunning!

  14. Hein says:

    Fantasties Tanya. Mooiste photos al ooit gesien. Baie mooi troue en n LEKKER onthaal.

  15. Tanya en Jozef says:

    Dankie vir die pragtige fotos Adene! Ek en Jozef is mal daaroor! xx

  16. Yolandi Mostert says:

    Well done Adene! Tanya en Jozef, jul foto’s is ongelooflik mooi! Stunning, stunning, stunning! xxx Ps: ook seker nog die mooiste (en lekkerste!) troukoek wat ek al ooit geët het.

  17. Suzaan says:

    Wow Tanya en Jozef, dit lyk alles pragtig en julle ook!

  18. anel says:

    Baie baie pragtig julle!x

  19. wow Adene…your work really and truly inspires me. I love these shots:)

  20. ria smit says:

    Baie baie geluk julle!
    ‘n Sprokie troue.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>